YURI DURAAN - x.Kaapsedraai

PoemHunter.com 2014-06-14

Views 23

My hart verlang na die Boland
en dit verlang na jou
omdat berg en son nie my siel
kan vul waar jou vroegoggend
fluister-koebaai ‘n leemte
gelaat het nie.

Jou baadjie hang in die gang
waar ek verbyskuur na buite
en vir ‘n oomblik is ek vasgevang
tussen onthou en uitsien....

want vanaand kom jy huistoe
en terwyl die Boland slaap,
is die Kaap in my hart weer
Hollands!

YURI DURAAN

http://www.poemhunter.com/poem/x-kaapsedraai/

Share This Video


Download

  
Report form
RELATED VIDEOS